Wanneer die Duiwel Wil hê Jy moet Moed Verloor
14 February 2026

Wanneer die Duiwel Wil hê Jy moet Moed Verloor

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

2 Korintiërs 12:8-10 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk. 

Een van die dinge wat vir ons as mense moeilik is om te verstaan, is dat God ons toelaat om te ly. Ek wens ek kon vir jou die "hoekoms en waaroms" verduidelik, maar ek kan nie. Wat ek wel kan sê, is dat Hy nie eers vir Jesus, sy Seun, die lyding gespaar het nie; Hy moes vir my en vir jou aan 'n kruis sterf. In hierdie onvolmaakte, gevalle wêreld waarin ons leef, is dit redelik voor die hand liggend dat lyding 'n noodsaaklike deel van liefde is.

In 1967, op 17-jarige ouderdom, is Joni Eareckson in 'n duikongeluk van die nek af verlam. Jare lank het sy God gesmeek om haar te genees. Hy het nie – ten minste nie fisies nie.

Maar ons het seker almal gehoor hoe sy deur haar gestremdheid iets buitengewoons bereik het. Joni het as 'n spreker, ‘n skrywer van meer as 40 boeke, ‘n kampvegter vir mense met gestremdhede en ‘n aktrise van ‘n outobiografiese film, bekendheid verwerf. Hier benewens, skilder sy met haar mond en lei 'n wêreldwye bediening. Deur dekades van pyn het sy hierdie woorde uitgeleef:

2 Korintiërs 12:8-10 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

Net soos die apostel Paulus, wat hierdie brief geskryf het, het Joni ontdek dat ware krag nie van onsself of ons omstandighede kom nie, maar van Christus wat in ons woon.

Jou grootste swakheid, jou grootste karakterfout, jou grootste beperking, is juis dié plek waar sy krag na vore kom en jy groei. Die slotsom: in Christus is jy baie sterker as wat jy dink, want sy genade is vir jou genoeg.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY