
Send a text
Psalm 27:4,5 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan;
Teenspoed, is nooit welkom nie. Ek verstaan dit. En tog, wanneer dit wel toeslaan, hoe pynlik dit ook al mag wees, is dit waarskynlik een van die grootste geleenthede wat God jou ooit sal gee.
In die 1930's is Esther Kim, 'n Koreaanse Christen, deur die Japannese gevange geneem omdat sy geweier het om voor 'n Shinto-beeld te buig. Omdat sy geweet het wat watter straf sy gaan kry, het sy maande lank gevas, gebid en die Skrif gememoriseer.
In die tronk is sy gemartel, sy is verhonger, en sy het siek geword, maar sy het God se Teenwoordigheid as haar daaglikse krag beskryf. Sy het later geskryf: My lyding het die poort geword om Hom dieper te ken. Sy het deur hierdie aaklige omstandighede radikaal verander. Deur haar isolasie en mishandeling, het sy God op intieme, glorieryke maniere ontmoet.
Koning Dawid was nóg iemand wat drieduisend jaar gelede deur sy verskriklike beproewinge dieselfde ding ontdek het:
Psalm 27:4 Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in sy tempel. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat staan;
As die antwoord so duidelik is, kan ‘n mense nie verstaan waarom mense in hul donkerste uur sê dat hulle nie tyd kan vind om saam met God deur te bring nie. Die bekende skrywer Richard Blackaby het gesê: As jy dink jy is te besig om tyd saam met God deur te bring, is jou opinie van God heeltemal te laag en jou opinie van jouself heeltemal te hoog.
Bring tyd in God se Teenwoordigheid deur. Waardeer sy skoonheid. En onthou in jou donkerste oomblikke, dit is waarskynlik die grootste geleentheid wat Hy jou ooit sal gee om sy krag te beleef.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY