Send us Fan Mail
2 Timoteus 2:3-6 Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding. Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste 'n deel van die oes te kry.
Ons hoop almal om op die ou end ongeskonde aan die anderkant van die opdraande uit te kom tot waar die paadjie gelyk word. Die rit sal waarskynlik met 'n paar stampe en kneusplekke gepaard gaan, maar ons wil almal daardie diep sug van verligting kan slaak: Ek het dit gemaak!
Wanneer jy in die oog van die storm is, voel dit dikwels asof jy dit nie gaan maak nie. En waar op dees aarde is God nou? Waarom gryp Hy nie in nie? Waarom steek Hy nie net sy hand uit om my uit hierdie verskriklike moeras te red nie?
Miskien lê die antwoord in iets wat die apostel Paulus aan sy dissipel, Timoteus geskryf het:
2 Timoteus 2:3-6 Dra jou deel van die ontberings soos 'n goeie soldaat van Christus Jesus. 'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. 'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding. Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste 'n deel van die oes te kry.
Die lewe saam met Jesus beteken nie dat jy nooit opdraandes sal hê nie; dit is 'n geseënde en kragtige vennootskap met Hom. Daar word gesê dat as jy God vra om 'n marathon te wen, Hy vir jou 'n paar tekkies sal stuur, nie 'n medalje nie.
Ja, my vriend, Hy is ons helper wat daar is om ons toe te rus, nie te bederf nie; om ons voor te berei, nie om die proses te omseil nie. Hy gee vir ons dít wat ons nodig het om bo uit te kom - nie kortpaaie nie, maar krag.
So, wees 'n goeie soldaat van Christus Jesus, en aanvaar jou deel van die probleme wat jou pad kruis.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY