Send us Fan Mail
Job 13:15 Al sou God my doodmaak, ek kan nie wag nie ek moet my saak vir Hom stel.
Wat doen jy wanneer dít wat God doen nie vir jou sin maak nie? Wanneer jou gebede onbeantwoord bly, jou siekte vererger, en jou verlies ondraaglik voel? Jou verstand weet dat God goed is - maar jou hart fluister: Waarom gebeur dit dan?
Die 19de-eeuse Engelse prediker Charles Spurgeon het alles van persoonlike lyding geweet. Al was hy een van die kragtigste Evangeliste in die geskiedenis, het hy self geworstel met chroniese siekte, diep depressie en die onophoudelike kritiek van ander. Uit daardie pyn het een van sy bekendste uitsprake gekom:
God is té goed om onvriendelik te wees, en Hy is té wys om ’n fout te maak. En wanneer ons nie sy hand kan sien nie, moet ons sy hart vertrou.
Dis een ding om dit te glo wanneer die lewe goed gaan, maar dis heeltemal iets anders wanneer die storm losbars. Daar is ’n verhaal in die Ou Testament oor ’n man met die naam Job. Hy was ’n goeie en godvresende man wat alles verloor het - sy rykdom, sy gesondheid selfs sy kinders. Ons het hom nou die dag ontmoet. Job kon geen rede sien waarom hierdie vreeslike dinge oor hom gekom het nie, tog sê hy te midde van wat die pynlikste en donkerste nag moes gewees het, in:
Job 13 vers 15: “Al sou Hy my doodmaak, sal ek steeds op God vertrou.”
Só ’n geloof ontken nie die pyn nie — dit kyk daardeur. Dit sê: Ek verstaan nie wat U doen nie, Here, maar ek weet nog steeds wie U is.
En dít is die kern van vertroue. Wanneer jy nie sy hand in jou omstandighede kan raaksien nie, kan jy steeds sy hart vertrou - want daardie hart het eenmaal vir jou aan ’n kruis gehang. Daardie hart het eenmaal vir jou gesterf. Daardie hart het weer begin klop toe Jesus uit die dood opgewek is, om vir jou ’n nuwe lewe te gee, ’n ewige lewe.
En dit verander alles.
Want dit is God se Woord. Vars… vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY