Vermy Skinderstories
16 January 2026

Vermy Skinderstories

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Spreuke 18:8 Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. (NLV) 

Ek dink jy sal saamstem dat skinderpraatjies, soos 'n tweesnydende swaard is. As ons eerlik met onsself is, weet ons dat dit verskriklik vernietigend kan wees om deel van skinderpraatjies te wees; maar dis tog so aanloklik, so sappig, so heerlik, nè?

Die Salem-hekse-verhore waarin mense van heksery beskuldig is, was tydens die laat 1600's in Massachusetts gehou. ‘n Paar simpel en venynige jong meisies het later erken dat hulle die vals beskuldigings, wat mense se lewens gekos het, opgemaak het. Maar die jeugdiges was ongebalanseerd en aangevuur deur vrees, bygeloof en skinderpraatjies. Dinge het vinnig buite beheer geraak.

Gerugte van heksery het soos 'n veldbrand deur die klein Puriteinse gemeenskap versprei. Soos vrees die dorp beetgepak het, is meer en meer onskuldige mense op grond van hoorsê, persoonlike wrokke en gefluisterde agterdog, van heksery beskuldig.

Uiteindelik is twintig mense tereggestel en baie meer se lewens is verwoes - alles omdat skinderpraatjies as waarheid voorgestel is. Maar hoe het dit geëskaleer? Waarom het dit geëskaleer?

Spreuke 18:8 Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. (NLV)

Daar is jou antwoord. Skinderpraatjies eskaleer omdat ons dit onweerstaanbaar vind. Ons hou daarvan om dit te hoor, ons hou daarvan om daaraan deel te neem. Ons ore spits wanneer daar 'n sappige happie ons kant toe kom. Ons brand van versoeking om dit oor te vertel.

So kom ons wees vandag dapper. God is baie reguit in sy verdoeming van skinderpraatjies: dis vernietigend, sondig en teenstrydig met sy beginsels van liefde. Skinderpraatjies word dikwels vermom as "kommer-oor-die-slagoffer" of "om-vir-jou-eie-beswil-die waarheid-te-vertel," dit vernietig mense, dis verdraaide waarhede; dit veroorsaak twis. In sy kern openbaar dit 'n gebrek aan liefde.

Onthou: al voel dit op die oomblik "sappig" en bevredigend, is dit korrup van binne af. Moet nooit sleg praat van 'n persoon nie.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY