Van Binne Gevul
17 May 2026

Van Binne Gevul

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie; 

In 'n wêreld waar ons almal probeer om iemand te wees, beleef baie van ons 'n knaende gevoel van ‘ek is nie goedgenoeg nie.’ Ons redeneer dat ons soveel swakhede en tekortkominge het, dat ons nooit regtig veel sal kan bereik nie.

Ek moet nou ‘n belydenis doen: Dit het my soms gepla dat Christianityworks, die bediening wat hierdie daaglikse boodskappe produseer, nie 'n indrukwekkende kantoor gehad het nie. Ons kantoor het sleg afgesteek by die spoggerige televisie- en radio-ateljees wat ek dwarsdeur die wêreld besoek het. Ons s'n was net 'n ommuurde gedeelte van 'n voorportaal, wat 'n plaaslike kerk gratis tot ons beskikking gestel het.

Ons opset het, in vergelyking met ander, absoluut minderwaardig en onbeduidend gelyk.

Sien jy hoe maklik dit is om in daardie strik te trap? En tog is God gewoond daaraan om brose en feilbare mense op die mees verstommende maniere tot sy eer te gebruik. En Hy doen alles met 'n doel. Paulus skryf aan ‘n gemeente:

2 Korintiërs 4:7-8 Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;

Paulus se bediening, het bestaan uit 'n paar onbelangrike manne en vroue, wat deur die bekende wêreld sonder groot ophef voortgeskuifel het. Hulle het in vergelyking met Jerusalem, met sy glorieryke tempel, absoluut onindrukwekkend gelyk. 

Maar God gebruik gewone gebroke mense om sy kosbaarste geskenk te dra, sodat niemand ooit onseker sal wees oor waar die krag vandaan kom nie. Hy vul wagtende, biddende harte met sy Gees en krag. Ons is die leë houers - Hy is die skat daar binne-in.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY