Send us Fan Mail
Matteus 19:13-15 Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” Nadat Hy hulle die hande opgelê het, het Hy daarvandaan weggegaan.
Dit is snaaks dat iemand jou so dikwels nodig kry wanneer jy op jou besigste is. Dis kompleet asof hulle wag vir die slegste moontlike tyd om jou te onderbreek. Jy is moeg, onder druk, jy het ‘n spertyd by die werk – en dan piep daardie boodskap; die foon lui; of jou kind pluk aan jou mou. Die maklike antwoord? “Nie nou nie.”
Net die anderdag, terwyl ek onder ’n kwaai tydsdruk gewerk het, het ’n kollega in nood skielik op my WhatsApp geskakel. Hy is iemand wat letterlik alleen op gevaarlike paaie in ’n moeilike land reis.
Weet jy, ek was doodmoeg. Dit was absoluut die laaste ding wat ek “nodig gehad het”. Maar ’n moeilike les wat God my oor baie jare geleer het, is dat goedhartigheid eis dat jy jou eie skedule opsy moet skuif, om tyd te maak om te luister. Om iemand te bemoedig. Natuurlik kos dit jou iets... maar dit is ongetwyfeld die ding om te doen.
Matteus 19:13-15 Die mense het kindertjies na Hom toe gebring dat Hy hulle die hande moet oplê en vir hulle moet bid. Sy dissipels het met hulle daaroor geraas. Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kindertjies en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” Nadat Hy hulle die hande opgelê het, het Hy daarvandaan weggegaan.
Besige dag. Groot skares. Hoë eise. Die dissipels tree op as lyfwagte. Maar Jesus stop. Hy verwelkom die onderbreking. Hy lê sy hande op die kleinspan. Dit is die hart van God.
Jy het dalk nie baie tyd, energie of geld nie. Maar in Christus is jy altyd bereid om te gee: ’n Boodskap. ’n Gebed. ’n Paar minute van jou onverdeelde aandag.
Vra dus: Here, wie bring U vandag oor my pad wat ek eintlik in die versoeking is om weg te wys? Doen dan die teenoorgestelde. Stop. Seën hulle. Daardie “ongerieflike” goedhartige dade is dikwels dié wat God die meeste gebruik.
Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY