Send us Fan Mail
Jakobus 3:13 Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
Dis vreeslik maklik om met groot woorde of intelligente argumente slim te probeer klink. Maar ware wysheid gaan nie oor wat jy sê nie; dit gaan oor hoe jy leef.
Ek was self nog altyd vinnig met 'n slim antwoord. Dit kan soms werk, maar dit kan ook vinnig arrogant en lelik oorkom. God moes al baie aan my werk om my te leer om sagter te wees en meer deernis te hê – en hy is nog steeds besig met my.
Ja, my vriend, wysheid is baie meer as om bloot net slim te wees.
Jakobus 3:13 sê: Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
Die wêreld dink dalk wysheid gaan oor 'n hoë IK, sukses of invloed. Maar vir God lê ware wysheid in hoe jy leef: met 'n sagte hart en opregte nederigheid.
Ons grootste voorbeeld van ware wysheid sien ons by Jesus. Hy het nie met ’n swaard en geweld Jerusalem binnegestorm om mense te oorheers nie; hy het nederig op 'n donkie die stad ingery. Hy het nie sy vyande vernietig nie, maar sy lewe vir hulle afgelê. In daardie nederigheid het hy vir ons gewys wat ware wysheid is – die wysheid van die kruis.
So, as jy wil weet of jy regtig wys is, moenie kyk na hoe slim jy dink jy is nie. Kyk eerder na hoe nederig jy leef – want ware wysheid is altyd sagmoedig en ware wysheid lyk altyd soos Jesus.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY