Send us Fan Mail
VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir Oktober.
NUUSFLITS: Ramp tref eerste gesin
Goeiemôre, ek is Jokkie Gauché en hier is die nuus.
Ons korrespondent in Eden berig dat 'n jong egpaar vandag uit hul woning in Eden gesit is, nadat hulle die een kardinale reël oortree het.
Volgens ooggetuies het die vrou, Eva, by die boom in die middel van die tuin met 'n swendelaar te doen gekry. Hy het by haar twyfel gesaai: "Het God regtig gesê ...?" en toe lieg hy en verseker haar dat hulle nie sou sterf nie. Die versoeking om soos God te wees was een te veel vir haar. Sy het geluister, van die vrug geneem en geëet. Sy het ook vir haar man, Adam, gegee en hy het ook geëet.
In 'n opspraakwekkende wending het Adam vir Eva die skuld gegee, en Eva het die slang blameer. Niemand wou verantwoordelikheid aanvaar nie.
Die gevolge is ernstig: die egpaar moet die tuin verlaat. Die lewe daarbuite sal baie moeilik wees, met swaar werk en pyn. Die dood was hulle en hulle nageslag se voorland, fisies asook geestelik.
Tydens die verrigtinge het dit duidelik geword dat die swendelaar geweet het dat dit eintlik ‘n keuse behels tussen ‘n verhouding met God of om self die kennis te hê van goed en kwaad of soos ons vandag sou sê, reg en verkeerd. Die swendelaar wou gehad het dat hulle nie moes verstaan dat die werklike keuse, ‘n keuse was tussen twee bome in die tuin nie. Die gevolge van die boom van die kennis van goed en kwaad was die dood, terwyl die ander boom die Boom van die Lewe was – ‘n verhouding met God – wat lei tot Lewe.
Ons korrespondent berig dat die swendelaar nog steeds groot getalle mense met dieselfde slenter om die bos lei en waarsku die publiek om baie versigtig te wees aangesien dit lewensgevaarlik kan wees om van die verkeerde boom te eet. Ken die verskil, of met ander woorde, leer om te kan onderskei tussen die twee bome.
Dit was die nuus. Bly by ons, want hierdie storie is nog nie klaar nie...
Ander nuus:
Ons waardeer jou betrokkenheid en voorbidding. Wees verseker dat ons ook vir elkeen wat hierdie boodskappe ontvang, bid.
Romeine 10:14 sê: Jy kan nie die Here vra om jou te help as jy nog nie eens weet wie Hy is nie. En hoe kan jy weet wie Hy is as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe kan mense van Hom hoor as daar niemand is om hulle van Hom te vertel nie?
Indien die Here dit op jou hart lê om ons Suid-Afrikaanse bediening finansieel te ondersteun, kan jy daardeur op ‘n praktiese wyse meewerk om die boodskap van die Koninkryk van Jesus Christus tot in die verste uithoeke van die aarde uit te dra.
Seën, vrede en opregte VARS groete vir jou van,
Jokkie, Annelie en die VARS-span
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY