
Send a text
Psalm 8:4,5 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
Of jy ‘n student is, ‘n voltydse beroep het, of afgetree is; is ‘n Maandagoggend die begin van ‘n nuwe week en die begin van die weeklikse geswoeg. Dis onafwendbaar – die naweek is verby; jy’s weer terug in dieselfde ou patroon. En selfs al geniet jy werklik wat jy doen, kan die eentonigheid daarvan jou onderkry.
Het jy al ooit gevoel jou lewe is afgesaag? Daar is niks wat regtig uitstaan nie; niks wat jou onderskei van die res van die massas gesiglose mense wat na hul werksplek toe pendel en voortgaan met ‘n kleurlose bestaan nie. Of dalk is jy ‘n tuisblyer met ‘n kleurlose roetine van wasgoed, skoonmaak, kos koop, kosmaak, ens. ens.
Dit is ongelukkig die realiteit van baie mense se lewens waar hulle week na week in eentonigheid vasgevang is; waar hulle vassit in die modderige klei en waar hulle toelaat dat die daaglikse geswoeg hulle afstomp.
Ons weet dis ‘n sieldodende manier om te leef. Jy het ongetwyfeld al gehoor hoe mense vir jou sê jy moet die regte perspektief kry, diep asemhaal en die aangename dinge in die lewe leer geniet, eerder as om deur die lewe te sukkel. Dis die waarheid; jy moet dit doen, maar dis eenvoudig nie genoeg nie. Waar is daardie gevoel van verwondering wat jy eens as kind gehad het; jou ontsag vir die heelal?
Te midde van sy daaglikse geswoeg het koning Dawid dikwels stilgestaan en in verwondering met God gepraat ...
Psalm 8:4-5 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien?
Hy was oorweldig deur God se majesteit en goedheid, en terselfdertyd het hy nederig en met verwondering besef dat so 'n glorieryke God persoonlik vir Hom sorg.
Wanneer jou lewe ontaard in ‘n roetine van een lang reis sonder enige uitdagings, onthou dat God se heerlikheid jou omring; Sy goedheid is by jou ... presies op die plek waar jy jou bevind.
Slaan jou oë op, aanskou sy heerlikheid!
Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY