Skip to content
Opens in a new window
‘n Stil Lewe in ‘n Lawaaierige Wêreld
18 November 2026

‘n Stil Lewe in ‘n Lawaaierige Wêreld

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

1 Timoteus 2:1-2 Eerstens spoor ek jou aan om vir alle mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging. Bid só vir konings en alle ander in gesagsposisies sodat ons in vrede en rustigheid, toewyding en eerbaarheid kan lewe. (NLV) 

Verstaan jy dat elke keer wat jy jou foon optel, die nuus kyk of deur sosiale media blaai, jy eintlik gedissipel word – gevorm word, geprogrammeer word en meer gestres word? Jy word geleer om dadelik te reageer in plaas daarvan om te dink; om bang te wees in plaas daarvan om te vertrou; om te blameer in plaas daarvan om te seën. En sonder dat jy dit eers agterkom, dra jy naderhand die gewig van die wêreld waaroor jy absoluut geen beheer het nie.

Ons leef in ’n tyd van konstante oorlading. Mense voel onveilig, magteloos en oorweldig deur wêreldwye onstabiliteit, politieke bitterheid, stygende lewenskoste, geestesgesondheidsprobleme en die konstante geruis van slegte nuus. So, wat sê God vir hierdie wêreld? 

1 Timoteus 2:1-2 Eerstens spoor ek jou aan om vir alle mense te bid met smeking, voorbidding en danksegging. Bid só vir konings en alle ander in gesagsposisies sodat ons in vrede en rustigheid, toewyding en eerbaarheid kan lewe. (NLV)

Dis maklik om jouself te bluf en te dink dat vrede sal kom as leiers verander, stelsels verander, ekonomieë verskuif, of die geraas ophou. Maar God draai dit om: vrede begin by gebed.

Nie fatalisme nie. Nie vrees nie. Nie paniekerige beheer-beheptheid nie. Gebed.

Want wanneer jy vir leiers bid - selfs dié met wie jy glad nie saamstem nie - word jou hart sagter, jou angs verdwyn, en jy kom nader aan die God wat in elk geval oor almal van hulle regeer.

Gebed is nie passief nie. Dis ’n protes teen die duisternis. Dis om deel te neem aan God se regering. Dis die oop deur na die “stil en rustige lewe” waarna ons almal so baie smag. 

So, voor jy weer deur slegte nuus blaai of kla, stop eers. Bid. Daardie politikus wat jy nie kan verdra nie? Bid. Daardie leier wat jou frustreer? Bid. Daardie wêreld wat voel of dit buite beheer is? Bid.

Vrede word nie in perfekte leiers gevind nie. Dit word in ’n biddende hart gevind.

Dit is God se woord...vars...vir jou...vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY