Moenie die Gedruis Volg Nie
12 February 2026

Moenie die Gedruis Volg Nie

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Galasiërs 1:10 Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. (NLV) 

Ek dink nie daar is een van ons wat nie goeie verhoudings begeer nie. Dit behels in ‘n mate om aan ander mense se verwagtinge te voldoen, wat tot 'n sekere punt goed is. Maar wanneer ons dinge bloot doen om mense tevrede te probeer stel, word die lewe inderdaad ellendig. Mense is wispelturig. Jy kan eenvoudig nie ten alle tye mense tevrede stel nie.

 

In 19de-eeu in Amerika was ‘n vrou veronderstel om slegs ‘n besadigde huisvrou en moeder te wees. Harriet Beecher Stowe het aanvanklik by die prentjie ingepas. Sy was die tipiese stil, pligsgetroue vrou, moeder en dogter van ‘n pastoor, wat streng binne die sosiale reëls van die tyd opgetree het, veral wanneer dit by politieke of morele twispunte gekom het. Harriet het aan die begin veilige literatuur geskryf en konfrontasie vermy, veral oor verdelende kwessies soos slawerny.

 

Maar toe die Wet Amerikaners gedwing het om ontsnapte slawe na hul eienaars terug te stuur, kon sy nie meer stilbly nie. Sy het ‘n kontroversiële boek: Uncle Tom’s Cabin geskryf. Dit was 'n boek wat 'n nasie geskud en dwarsdeur die wêreld mense wat slawerny wou beëindig, opgesweep het. Harriet het die geskiedenis verander, omdat sy haar nie daaraan gesteur het om mense tevrede te stel, of om die sosiale standaarde van haar tyd te handhaaf nie.

 

Het die behoefte om ander mense tevrede te stel jou in die verlede al stilgemaak; jou aan onregverdige reëls laat onderwerp; of jou gekeer om die waarheid te praat? Die apostel Paulus skryf in:

 

Galasiërs 1:10 Hoe klink dit vir julle? Wil ek in mense se goeie boekies kom? Of wil ek God tevrede stel? Probeer ek mense gelukkig maak? As ek nog steeds mense gelukkig wil maak, is ek nie ’n dienskneg van Christus nie. (NLV)

 

Paulus trek hier 'n streep: die opinies van mense wat God se roeping op jou lewe teenstaan of verkeerd verstaan, maak nie regtig saak nie. Wat saak maak, is God se goedkeuring, en die ondersteuning van diegene wat jou werklik liefhet en in die Gees wandel.

 

Dink hieraan: Die mense wat aanstoot neem, maak nie saak nie en die mense wat saakmaak, neem nie aanstoot nie.

 

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY