Skip to content
Opens in a new window
Moeg vir die Geraas?
29 September 2026

Moeg vir die Geraas?

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie. 

Skakel jou foon aan, en dis asof die negatiwiteit jou sommer in die gesig klap. Oorloë, skandale, die nuutste skinderstorie, en dan die belaglike debatte ook nog. Elke keer wat jy blaai, trek dit jou emosies weer na 'n ander kant toe. Dis asof jy in 'n storm vasgevang is wat nooit ophou nie, en hoe erger dit raak, hoe swaarder word dit om selfs jou eie gedagtes te hoor, wat nog te sê van God se stem.

'n Paar jaar gelede het 'n jong joernalis besluit om vir 'n hele jaar al haar sosiale media af te skakel. Haar vriende het agter haar rug voorspel sy gaan doodeenvoudig irrelevant raak. Maar toe kry sy iets terug wat sy lankal kwyt was, vrede. Sy't weer 'n manier van leef gekry wat persoonlik en gefokus is, met 'n doel wat regtig saak maak, iets wat geen app. of skerm ooit kan vervang nie.

Kyk na die soort lewe waartoe Paulus die gelowiges in die woelige stad Tessalonika aangemoedig het:

1 Tessalonisense 4:11-12 en laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee sodat die buitestanders agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.

Die vroeë Christene het ook in 'n wêreld vol politieke onrus, en geskarrel geleef - nou nie eintlik baie anders as ons s'n nie. Maar Paulus se raad was baie duidelik: moenie saam met die geroesemoes daarbuite raas nie. Bou liewer vir jou 'n bestendige, rustige lewe, een wat 'n baie kragtiger boodskap as enige plasing op jou skerm of enige betoging op straat uitstuur.

Miskien is dit dan nou tyd om die nuus en sosiale media 'n bietjie stiller te maak, en te gaan luister na daardie stil, sagte stem van God. Want in 'n wêreld wat verslaaf is aan geraas, is dit juis die rustige mens wat 'n geseënde lewe lei, en wat die grootste verskil maak.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY