Send us Fan Mail
Efesiërs 2:8-10 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
Het jy al ooit gewonder hoekom jy hier is? Nie net wat jy doen nie, maar hóékom. Want wanneer die lewe rigtingloos voel, begin daardie vraag diep binne-in jou knaag. Jy weet jy is vir iets meer gemaak — maar wat is dit presies?
Ek het as 'n tiener vir Jesus as my Verlosser aangeneem. Maar soos wat ek aanbeweeg het na my tersiêre studies, loopbaan, gesinsverantwoordelikhede en die groot huisverband, het ek weggedryf. Later het dit so erg geword dat daardie swaar las my net platgetrek het. Ek het begin wonder: As God werklik bestaan, hoekom is ek hoegenaamd hier? My lewe maak geen sin nie.
Toe ek uiteindelik weer my pad teruggevind het na Christus, het dinge skielik begin sin maak. Terwyl ek besig was met my teologiese studies, is ek gelei om presies te doen wat ek nou hier saam met jou doen — om die Goeie Nuus van Jesus met jou en soveel ander mense oor die hele wêreld te deel.
Dis asof ek hiervoor gemaak is. En weet jy wat? Ek ís … net soos wat ons almal vir iets spesifieks ontwerp is.
Efesiërs 2:8-10 Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
God het jou nie net uit iets gered nie; Hy het jou vír iets gered.
Jy is sy kunswerk — sy handgemaakte ontwerp. Die genade wat jou deur Jesus se dood en opstanding gered het, is dieselfde genade wat jou toerus vir 'n doel wat net jy kan vervul.
Moet dus nie jou lewe mors deur net gemaklik te wees of om jouself met ander te vergelyk nie. Pak die goeie dade wat Hy vir jou voorberei het, dapper aan. Jou lewensdoel is nie ’n glips nie — dis die lewende bewys dat God se genade vandag deur jou in hierdie wêreld werk.
Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY