Send us Fan Mail
Romeine 13:1 Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.
Jy skakel die nuus aan, en daar is dit al weer — nog ’n biljoen rand wat in een of ander spogprojek van die regering gepomp word, terwyl die armes honger ly, hospitale inmekaarstort en geregtigheid naderhand na ’n luuksheid begin voel. Dit laat ’n mens maklik wonder: Watter soort wysheid laat sulke mense regeer? God kon tog sekerlik beter gedoen het?
Nou die dag het ons gesels oor die betaling van belasting — oor hoe ons God moet eer selfs wanneer die stelsel onregverdig lyk. Maar hierdie ding loop dieper. Want as jy daaroor dink, is daar ‘n krag en mag agter elke wet, elke leier en elke nasie. En mag maak korrup, is dit nie so nie? So hoekom sal ’n goeie God sulke korrupte mense toelaat om in gesagsposisies te wees?
Op ’n skaakbord skuif die pionne en die ander stukke op maniere wat glad nie vir jou sin maak nie. Maar ’n skaakgrootmeester sien die hele wedstryd — elke skuif, elke doelwit en die uiteindelike skaakmat-skuif. Dis min of meer wat die apostel Paulus bedoel het toe hy dít geskryf het:
Romeine 13:1: Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.
Dit beteken nie dat God elke liewe beleid goedkeur, of elke daad van magsmisbruik verskoon nie. Dit beteken dat sý magtigheid groter is as húlle mag. Selfs wanneer leiers onregverdig optree, is God steeds aan die werk — Hy vorm die geskiedenis, skaaf aan harte en roep sy mense op om met eerbaarheid te leef, nie met woede en ontsteltenis nie.
So, hoe reageer ons? Met wysheid, nederigheid en dapperheid. Ons praat die waarheid, ja. Ons bid vir ons leiers, absoluut. Maar bo alles weet ons dat die ware Koning nooit die beheer verloor nie — nie vir een enkele oomblik nie.
Want dit is God se Woord. VARS … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY