Jesus Teenoor Godsdiens
06 March 2026

Jesus Teenoor Godsdiens

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Johannes 13 :3-5 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. 

Het jy al ooit na ander mense gekyk en vir jouself gesê: Daardie mense daar oorkant, gedra hulle so sleg. Ek is so bly ek is nie soos hulle nie! Op daardie stadium voel jy trots en moreel meerderwaardig. Jy dink dat jy baie beslis beter as hulle is.

Baie mense verwerp Christendom omdat hulle Christene sien optree op maniere wat Jesus se leringe weerspreek. Hulle sien mense se veroordelende houdings; hulle skandalige gedrag, gierigheid, rassisme, misbruik en politieke vooroordeel.

Hulle gedrag stem nie ooreen met wat hulle sê hulle glo nie, en dit veroorsaak dat mense vir hulleself sê: As Christene nie soos Christus leef nie, hoekom moet ek hulle geloof ernstig opneem?

Dis ‘n ou, ou storie wat vandag steeds afspeel: die morele mislukkings in die Kerk - van korrupte leiers tot die skynheiligheid van die gemeentelede – trek vir die mense daar buite, ‘n rooi streep deur die geloofwaardigheid van die Evangelie.

Ongelowiges verwerp nie bloot Christelike leerstellings nie; hulle reageer op dit, wat hulle as geestelike bedrog beskou. Gandhi se bekende woorde som dit so mooi op: Ek hou van julle Christus; maar ek hou nie van julle Christene nie. Julle Christene is so anders as julle Christus.

Die eintlike probleem is dus vertroue. As die Kerk nie die liefde, nederigheid en integriteit van Jesus weerspieël nie, waarom moet ‘n mens dan die boodskap glo? En nederigheid is die kern van die Evangelie. Kyk na Jesus se voorbeeld in:

Johannes 13:3-5 Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en 'n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. Daarna het Hy water in 'n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het.

Die verskil tussen Jesus en godsdiens is dat godsdiens jou skaam maak omdat jy vuil voete het. Jesus kniel neer om hulle te was.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY