Januarie Nuusbrief
18 January 2026

Januarie Nuusbrief

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Goeiemôre aan al ons VARS potgooivriende.  Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Januarie Nuusbrief: 

VERLUSTIG JOU IN DIE HERE

 

 So lekker om weer met jou te gesels! Ek het met hierdie Nuwejaarsvieringe ervaar dat daar buitengewoon baie vuurwerke in ons omgewing afgevuur is. Het jy dit ook so beleef, of is dit net ek? Dit het my laat dink...Was dit net omdat mense verlig was dat ‘n baie moeilike 2025 verby is en dat hulle hoop of glo dat 2026 die wonderjaar gaan wees? Kyk ons na mense? Hoop ons op dinge wat in ons land gaan verander? Hoop ons dat ons persoonlike omstandighede gaan verander?

 

Ps.37: 3-5Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. 4.Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg. 

 

In die 4e vers van die 1953-vertaling staan: verlustig jou in die Here. 

 

Mag jy in 2026 jou absoluut verlustig in die Here en rustig woon en werk!

 

Waarna sien ons uit?

o  ‘n Opwindende jaar waarin ons elke dag biddend nader aan ons Here Jesus sal groei.

o  Hier is ‘n paar titels van Berni se dagstukke waarna jy kan uitsien: 

                    God se Perfekte Liefde vir Ons

                    Hanteer Gebrokenheid

                    Jy Kan Nie Met ‘n Leë Tenk Ry Nie!

                    Druk Deur; Moenie Probeer Ontsnap Nie!

 

Baie dankie aan al ons getroue intekenaars en luisteraars vir julle gebede, ondersteuning en aanmoediging. Ons waardeer elkeen van julle en bid vir julle. Ons is reeds ses jaar lank met die Afrikaanse vertaling en opnames van Berni Dymet se FRESH-boodskappe betrokke.

 

So baie mense voorspel dat die jaar 2026 ‘n belangrike jaar gaan wees en dat ons moontlik baie naby aan Jesus se Wederkoms mag wees. Daar is soveel mense in die wêreld wat van Jesus moet hoor en moet leer van sy liefde wat hul lewens kan verander.

 

Die media bied vir ons die geleentheid om talle mense in huise, kantore en motors bloot te stel aan hierdie VARS-boodskappe met lewensveranderende, praktiese Bybelwaarhede. Hierdie daaglikse oordenkings spreek praktiese vraagstukke aan en help mense om te ontdek wie God is. Gebruik hierdie geleentheid om deur jou bydrae deel te hê aan die verkondiging van die Evangelie. Elke bydrae word gebruik vir die uitbreiding van die Koninkryk van ons Here Jesus.

 

Seënwense en mooi loop

van die VARS-span


Aanlyn Betalingsopsies vir Christianityworks se bediening in RSA:

Bank:                      First National Bank (FNB)

Rekening naam:       Christianityworks NPC

Takkode:                 250655

Rekeningnommer:   6286 0951 550 

https://christianityworks.co.za/af/donate/ vir aanlyn betalingsopsies.

of

SKENK  

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY