Hou Altyd Jou Woord
12 January 2026

Hou Altyd Jou Woord

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Psalm 15:2 - 4 Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade, 

Respek kom nie outomaties met jou posisie of titel nie. Nee, respek is iets wat deur konsekwente betroubare gedrag eers later verdien word.

As jy dink aan die mense wat jy respekteer, is een van hul uitstaande eienskappe dat jy op hulle kan staatmaak. Hulle doen wat hulle sê. Met ander woorde, hulle doen hulle woord gestand. Hulle doen wat hulle belowe het, hulle hou nie halfpad op nie.

Is jy 'n betroubare persoon? Kom jy jou beloftes na? Koning Dawid het drieduisend jaar gelede: hierdie woorde geskryf in:

Psalm 15: 2 - 4 Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is, wat met sy hele hart die waarheid praat, nie kwaadpraat nie, sy medemens nie kwaad aandoen nie en niemand beledig nie; hy wat dié verag wat deur God verwerp is, maar almal eer wat die Here dien; wat sy woord hou, selfs tot sy eie skade,

Jy hoef nie die hele Bybel deur te lees om te ontdek dat God nie slegs beloftes maak nie, maar dat Hy hulle hou, en dat Hy verwag dat ons dieselfde moet doen. Om jou woord te hou, is meer as net goeie maniere – dis 'n weerspieëling van wie jy is, en inderdaad, van jou verhouding met God.

Ons is mal daaroor om saam met mense te wees wat hul woord hou. Ons is mal daaroor om in die geselskap van mense te wees wat hulle beloftes nakom. En hoekom nie? Hulle is die mense wat ons kan vertrou; daar ontwikkel 'n respek en vertroue wat tussen ons opgebou word wanneer hulle keer op keer hul woord hou – selfs wanneer dit hulle iets kos; selfs wanneer dit hulle seermaak.

Moenie beloftes maak wat jy nie van plan is om na te kom nie; hou … elke keer jou woord.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY