Send us Fan Mail
Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,
Hoe vinnig gee jy moed op wanneer jy bid? Wanneer die antwoord nie kom nie - wanneer die lewe swaar bly, wanneer dit voel of God stil geword het - hou jy aan, of hou jy bloot op vra?
Jy het my dalk al vantevore dit hoor sê, maar ek sê dit weer: Ek het vroeër Christene gehaat — mense wat met die Bybel onder die arm rondloop; almal so hoog-heilig en beterweterig. Maar toe ek, nie lank nadat ek ernstig selfmoord oorweeg het nie, die ongelooflike liefde van God in Jesus Christus ontdek het … het ek uitgevind dat een egpaar vir agtien jaar lank vir my gebid het.
Ek was 'n moeilike kalant, ‘n taai toffie om te kou, maar hulle het nie opgehou bid nie. En … hier is ons vandag. Die apostel Paulus het eenkeer hierdie woorde aan die gelowiges in Kolosse geskryf — mense wat hy nie eers geken het nie:
Kolossense 1:9 Daarom, van die dag af dat ons van julle gehoor het, hou ons ook nie op om vir julle te bid nie. Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy wil duidelik sal laat ken,
Dink net daaraan: Van die dag dat ons van julle gehoor het... Paulus het nie net een keer gebid en aanbeweeg nie. Hy het aangehou — dag ná dag — en God gevra om hulle met sy wil, sy wysheid en sy Heilige Gees te vul.
Dit is een van die kragtigste gebede wat jy ooit kan bid — nie vir jou of iemand anders se gemak of voordeel nie, maar vir insig, rigting en geestelike wysheid. Want wanneer ‘n mens God se Stem hoor en in sy wysheid wandel, volg die vrugte vanself.
So, moenie opgee nie. Wanneer jy vir iemand bid — 'n wegloperkind, die redding van 'n geliefde, of die herstel van 'n verhouding — hou aan. Wanneer jy bid vir jou eie deurbraak — 'n dieper verhouding met God, 'n finansiële uitdaging, of 'n gesondheidsprobleem — staan vas.
God se tydlyn is beslis nie ons s'n nie — maar dis altyd die moeite werd om op sy antwoorde te wag.
Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY