Skip to content
Opens in a new window
Guns het Steeds Geloof Nodig
08 October 2026

Guns het Steeds Geloof Nodig

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Jy kan alle toegang, alle invloed, al die oop deure hê wat die wêreld kan bied, en tog steeds desperaat na God verlang. Want guns sonder gebed is maar net geleenthede sonder krag.

Eeue gelede het 'n jong Joodse vrou met die naam Ester haarself in 'n paleis in antieke Persië bevind. Die koning, die magtigste man in die wêreld op daardie tydstip, het haar as sy koningin gekies. Uiterlik het dit gelyk of sy enige meisie se drome oortref het. Sy het aansien gehad, rykdom, en koninklike guns.

Maar toe 'n wrede komplot beraam word om haar hele volk uit te wis, het Ester besef haar bevoorregting alleen was nie genoeg om hulle te red nie.

Sy het net een kans gehad om vir genade te pleit, om ongenooid die koning se troonkamer binne te stap - 'n stap wat haar lewe kon kos. So voordat sy daardie stap geneem het, het sy nie net op haar skoonheid, haar status, of haar bekoring staatgemaak nie. Sy het haar volk gevra om drie dae lank te vas en te bid voordat sy die koning se troonkamer ingaan.

Ester het geweet wat ons so maklik vergeet: toegang tot mag vervang nie afhanklikheid van God nie.

Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Dit maak nie saak hoeveel jy al bereik het, of hoe seker jy voel nie, jy het God steeds in elke gesprek, in elke besluit, in elke kamer wat jy instap, nodig.

Guns mag dalk die deur oopmaak, maar gebed nooi God om saam met jou daardeur te stap.

Eer God eerste, nooi Hom om die leiding te neem … en Hy sal jou help om die regte pad te loop.

Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY