God se Perfekte Liefde Vir Ons
12 March 2026

God se Perfekte Liefde Vir Ons

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Psalm 34:19 Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. (NLV) 

Het jy al ooit ongeliefd en verwerp gevoel? Soms kom daardie gevoel uit 'n diep eensaamheid en isolasie wat absoluut onbeskryflik is. Wanneer mense versuim om vir jou erkenning te gee, of om jou te bedank, voel jy asof jy nie belangrik is nie, asof jy nie saak maak nie... 

Hierdie idee dat mense nie vir jou omgee nie, is baie meer algemeen as wat jy dink. Iemand het onlangs aan my geskryf en gesê: Baie mense, insluitend ekself, voel – en glo selfs – dat niemand vir hulle lief is nie; of dat liefde voorwaardelik is. Kan jy asseblief ‘n prentjie van God se perfekte liefde vir ons skep?

Daar is die kern, net daar. Nog een van die miljoene mense op die planeet wat, op hierdie oomblik, ongeliefd voel. So, ingeval jy jouself nou in daardie situasie bevind, of jou eendag in daardie situasie sou bevind; hier is die waarheid om jou hart te genees:

Psalm 34:19 Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. (NLV)

Die medelye wat God vir jou het, is onbeperk. Wanneer jy so eensaam voel dat jou gees binne-in jou verpletter voel, kan jy weet dat God op hierdie oomblik naby jou is, en die diepste geheime van jou hart ken. En Hy is vasbeslote om jou uit hierdie situasie te red.

Corrie ten Boom is destyds deur die Nazi's gevange geneem en gemartel omdat sy Jode gehelp het om van die holocaust, of te wel die volksmoord, te ontsnap. Haar lyding was onbeskryflik. Maar weet jy, sy het eenkeer gesê: Daar is geen put so diep dat God se liefde nie nog dieper is nie.

Mense met gebroke harte dink dat God ver weg is, terwyl dit eintlik dié oomblikke is wat Hy die naaste aan hulle is. Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY