Gerief of Moed?
24 June 2026

Gerief of Moed?

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV) 

Ons is nogal geneig om dubbele standaarde te hê as dit by geregtigheid kom. Wanneer ons onskuldig geblameer word, my maat, dan wil ons hê geregtigheid moet geskied! Maar wat gebeur wanneer ‘n ander persoon onskuldig moet ly? Hoeveel pla dit ons? Gee ons dan werklik om?

Wêreldwyd word fabrieke en ander nywerhede dikwels gekoppel aan dwangarbeid, kinderuitbuiting en selfs mensehandel. Dink byvoorbeeld aan die kleremaak- en die elektronika industrie...

As ons werklik omgee vir die geregtigheid van ander, dan gaan dit nie net daaroor om hul produkte te vermy nie, maar om aktief te pleit vir verandering – om aan maatskappye te skryf, etiese handelsmerke te ondersteun en so die bewustheid van onreg te verhoog.

Die uitdaging is enorm, oorweldigend, ongerieflik en duur. Om geregtigheid vir daardie mense te kies, beteken om meer te betaal, gewoontes te verander en die risiko om die ontevredenheid van diegene, wat gemak bo konfrontasie verkies, te veroorsaak. Kom ons kyk na hierdie vers terwyl ons hieroor nadink:

Jesaja 1:17 Leer eers om goed te doen. Sorg dat mense regverdig behandel word. Help mense wat verdruk word. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee. (NLV)

Dietrich Bonhoeffer, was ‘n groot teëstander van Hitler en het op die ou end met sy lewe daarvoor betaal. Hy het hierdie belangrike stelling gemaak: Jou ‘ja’ vir God vereis jou ‘nee’ vir alle ongeregtigheid, vir alle kwaad, vir alle leuens, vir alle onderdrukking en benadeling van die swakkes en armes.

Hoe kan jy deel van die oplossing wees? Hoe kan jy regtig vir mense help? Ons besef dat daardie soort geregtigheid meer as geld kos; dit vra iets van jouself...

As ons ons medemens net halfpad so lief het soos God van ons vra, sal ons dieselfde standaard van geregtigheid vir die volgende persoon wil hê, as wat ons vir onsself verwag. Verdedig die weeskind. Pleit vir die regte van die weduwee.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY