Skip to content
Opens in a new window
Geloof wat Terugveg
09 November 2026

Geloof wat Terugveg

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

1 Petrus 5:8-9 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: dwarsdeur die wêreld moet julle medegelowiges dieselfde soort lyding verduur. 

Daar is oomblikke in die lewe wat 'n mens heeltemal kaalgestroop voel — wanneer teleurstelling, siekte, verlies of verraad jou heeltemal van jou selfvertroue beroof. En in daardie oomblikke van broosheid kan jy amper voel hoe die donkerte op jou toesak. Dit is nie net ‘n oppervlakkige ding nie; dit gaan  in der waarheid baie dieper as dit. 

'n Vriend van my het onlangs deur 'n geweldige rowwe tyd van uitbranding gegaan. Hy was sy hele lewe lank sterk — betroubaar, bekwaam, die rots waarop ander altyd kon leun. Maar toe die uitputting tref, was dit nie net fisies nie. Dit was asof sy hele gees en gedagtes aangeval is.

Hy het vir my gesê: Dit het gevoel of iets my heeltemal wou verpletter — asof dit my wou oortuig dat ek klaar is met die lewe. Dit is toe dat hy oor daardie situasie begin bid het. Nie mooi, ordentlike gebede nie, maar gebede uit pure desperaatheid — terwyl hy God se beloftes dag ná dag hardop vir homself herhaal het. Stadig maar seker het iets verander. Die druk het nie sommer net oorgewaai nie, maar hy het weer die krag begin voel wat hom nog altyd gehelp het — krag wat nuut gemaak is bloot deur vas te byt in sy geloof.

1 Petrus 5:8-9 Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die geloof en staan hom teë. En moenie vergeet nie: julle medegelowiges oor die hele wêreld ervaar dieselfde soort lyding.

Miskien sien jy nie die geestelike stryd agter jou swaarkry raak nie, maar dis beslis daar. Gelukkig is jou geloof nie sommer net ’n brose dingetjie nie. Dis jou kragbron — die krag wat maak dat jy bly staan as die vyand om jou brul. Wanneer jy in jou lyding op Jesus vertrou, probeer jy nie net kop bo water hou nie. Jy word deel van ’n wêreldwye leër van sy dissipels, en jy sien dat God se krag altyd langer as die storm hou.

Wees nugter, wees wakker!

Dit is God se Woord...Vars...vir jou...vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY