Fokus op Jesus
12 December 2025

Fokus op Jesus

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us a text

Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. 

Soos die lewe sy loop neem en terwyl ons fokus op die dinge wat oor ons pad kom; die afsprake in ons dagboek; ons verpligtinge; ons vermaak en ontspanning; die dinge wat ons dalk wil koop ... is dit so maklik om dié dinge wat werklik saakmaak, uit die oog te verloor. En wanneer dit gebeur, dobber ons soos ‘n klein bootjie doelloos op die water rond.

Lodewyk die Sestiende het in 1774, op negentienjarige ouderdom, die troon van Frankryk bestyg. Hy het 'n nasie geërf wat opgebou is deur generasies van konings en staatsmanne wat baie strategiese opofferings gemaak het om hul land se stabiliteit te handhaaf. Maar eerder as om dankbaar daaroor te wees, en voort te bou, het hy hul nalatenskap geringgeag en hom aan buitensporigheid oorgegee terwyl die land ekonomiese ineenstorting in die gesig gestaar het.

Hy was min gepla deur die lyding van sy mense, en hy het hervorming weerstaan totdat dit te laat was. Dit het die Franse Rewolusie veroorsaak en uiteindelik het Lodewyk nie net sy troon verloor nie, maar ook sy lewe toe hy onder die guillotine tereggestel is.

Daar is vandag mense wat, soos Koning Lodewyk, uit die oog verloor dat Jesus vir hulle deur sy dood toegang tot die Koninkryk van God, verkry het.

Dit is immers so maklik om te doen. Kom ons kyk vandag opnuut na hierdie belangrike herinnering aan wat Jesus vir jou gedoen het:

Jesaja 53:5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom.

My vriend, Jesus het vir jou gely en gesterf. Moet asseblief nooit daardie kragtige waarheid uit die oog verloor en jouself toelaat om jou fokus te verskuif na die wêreld en na jou begeertes nie. Nooit nie. Hou jou fokus op dít wat Jesus vir jou gedoen het, deur na hierdie wêreld te kom.

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY