Send us Fan Mail
Romeine 13:6-7 Dit is ook waarom julle belasting betaal, want die owerhede is dienaars van God en hulle is besig om hulle opdrag uit te voer. Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is.
Het jy al ooit met jou belastingaanslag in die een hand gesit, en die koerant in die ander, en gedink: Regtig? Is dit waarvoor my hardverdiende geld gebruik word?
Soms betaal die belasting vir goeie dinge — soos hospitale, skole - daardie noodsaaklike dinge. Maar op ander plekke vul dit die sakke van korrupte leiers, of finansier dit dinge wat bitter sleg is. Dis ’n reuse-spektrum.
So, wat doen jy wanneer jou plig om die wet te gehoorsaam bots met jou gewete? Wanneer jy gedwing word om iets te ondersteun wat jy wéét verkeerd is?
Stel jou ’n soldaat voor wat opdragte kry by ’n offisier vir wie hy geen respek het nie. Die missie is heeltemal sinloos. Tog salueer hy steeds — nie omdat hy die man vertrou nie, maar omdat hy die uniform en die gesag daaragter respekteer.
Daardie soort dissipline wys na iets groters — lojaliteit, orde, en die wete dat chaos net vernietig. Die apostel Paulus het hierdie woorde geskryf aan Christene wat onder die wrede Romeinse Ryk geleef het — ‘n Ryk wat beslis glad nie ’n toonbeeld van geregtigheid was nie:
Romeine 13:6-7 Dit is ook waarom julle belasting betaal, want die owerhede is dienaars van God en hulle is besig om hulle opdrag uit te voer. Gee dus aan almal wat hulle toekom: belasting as dit belasting is, aksyns as dit aksyns is, ontsag as dit ontsag is, eer as dit eer is.
Paulus was nie besig om tirannie goed te praat nie; hy het hulle herinner dat God se oppermag verhewe is bo menslike korrupsie. Ons eer Hóm wanneer ons met integriteit optree — selfs wanneer ander dit nie doen nie.
Om te betaal wat jy skuld, en respek te wys selfs wanneer dit moeilik is — dít is dade van geloof wat wys: My vertroue lê nie in hierdie wêreld se korrupte stelsels nie. Dit lê by die Koning van die konings — Jesus Christus.
So, as jy enige soort belasting skuld, betaal dit.
Dis God se Woord. VARS … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY