Dit Tyd vir Huisskoonmaak
16 February 2026

Dit Tyd vir Huisskoonmaak

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.

Het jy ook sulke klein ou dingetjies in jou lewe wat pla en jou sommer ongemaklik en moeg laat voel? Ek praat nie van groot en pynlike dinge wat jou lewe ontwrig nie; maar daardie gevoel van ongemak wat jou permanent gespanne en omgekrap laat voel.

Neem byvoorbeeld jou slaap. Jy kan vir 'n rukkie, selfs vir jare, met onvoldoende slaap klaarkom; totdat jy op ‘n dag besef dat dit tot stres, hoë bloeddruk, selfs suikersiekte en hartsiektes bydra. En jy weet dat, tensy jy iets daaraan doen ... dit jou sal doodmaak.

Dieselfde geld vir die woelinge wat in jou hart aangaan; die dinge wat emosioneel en geestelik skadelik is en die dinge wat verhoudings belemmer. Neem byvoorbeeld chroniese woede. Dink jy dis goed vir jou vrede, jou huwelik en selfs jou verhouding met God?

Dawid het met die probleem van wellus geworstel. Hy het egbreuk gepleeg en selfs ‘n man laat doodmaak sodat hy die ou  se vrou in die hande kon kry. Sy lewe was op 'n afwaartse pad ... totdat hy tot sy sinne gekom het en hierdie gebed gebid het:

Psalm 51:12-14 Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie! Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, Laat my U weer met toewyding dien.

Wat is daar in jou lewe wat jou van vrede en blydskap beroof? Miskien is vandag die dag vir jou om tot jou sinne te kom. Miskien is vandag die dag vir jou om huis skoon te maak.

Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig

Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY