Send us Fan Mail
Job 1:21 “Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.”
Jy ken tog daardie tye in die lewe wanneer alles net goed gaan? Jou werk is veilig, die rekeninge is betaal, jou gesin is gelukkig, en die pad vorentoe lyk wonderlik. Alles voel sommer wonderlik. Maar dis dikwels juis dan wanneer 'n subtiele vyand stilletjies insluip.
Wanneer die lewe gemaklik is, is dit maklik om te begin glo dat ons die een was wat dit laat gebeur het: Dat ons ons sukses, ons gemak, en ons seëninge, op een of ander manier verdien. Maar in werklikheid kom elke goeie ding in jou lewe uiteindelik van God, en dieselfde God wat gee, neem partykeer ook weer weg.
Dit klink mos na die verhaal van Job in die Ou Testament. Job se lewe was onberispelik en hy was getrou aan God; hy was ryk; gerespekteer en omring deur familie. Hy het sewe seuns en drie dogters gehad. In daardie kultuur is groot gesinne en rykdom gesien as tekens van goddelike guns.
Toe, op 'n enkele dag, het rampe hom getref. Hy het sy vee, sy slawe, en selfs sy kinders verloor. En tog, in plaas daarvan om teen God te draai, het hy op die grond gaan lê en gebid, hy het gesê:
Job 1:21 "Sonder iets het ek in die wêreld gekom en sonder iets gaan ek daaruit. Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here."
Om te onthou dat alles wat ons het, 'n geskenk is, nie 'n waarborg nie - is werklik nederigheid! So wees dankbaar wanneer dit goedgaan met jou lewe. Vier dit. Geniet dit. Maar wees versigtig vir trots. Trots begin saggies fluister: Jy verdien dit. Maar as jy dit met ‘n oop hand vashou, fluister nederigheid terug: Nee, dis genade.
Nederigheid is waar jy vrede sal vind, nie net wanneer jy ontvang nie, maar selfs wanneer dit weggeneem word.
Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here.
Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY