Send us Fan Mail
Job 23:10 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.
Daar is seisoene in elkeen se lewe wanneer dit voel asof God ver weg is - nou praat ek nie van in teorie nie... maar van die wrede realiteit van die lewe. Jy hou aan om die regte dinge te doen. Jy bid, jy dien, jy druk deur - en tog val alles uitmekaar. Jy kan nie sy hand raaksien nie, jy kan nie sy teenwoordigheid voel nie. En die stilte ...voel soos verlatenheid.
Die sendeling, Amy Carmichael, was die laaste twintig jaar van haar lewe bedlêend ná ’n ernstige val. Haar bediening was verby, haar krag was weg. Maar uit daardie siekbed skryf sy: God het my nog nooit in die steek gelaat nie, en Hy sal jou ook nie in die steek laat nie.
Ten spyte van haar omstandighede het Amy aangehou skryf, bid en vertrou. Sy het bo haar pyn uitgestyg, en haar boeke het miljoene mense geïnspireer. Toe sy later teruggekyk het, het sy besef: God het nie net haar werk gesuiwer nie, Hy het diep binne-in haar hart gewerk.
Job 23:10 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.
Job het nie uit ’n leunstoel gepraat nie… hy het letterlik in die as gesit. Hy het sy kinders, sy rykdom, sy gesondheid en sy reputasie verloor. Alles wat sy lewe veilig gemaak het, was weg. En boonop kon hy nie God se stem hoor nie. Tog het hy vertrou dat God steeds besig was met ’n plan wat hy nie kon sien nie.
Dit is die groot raaisel van geloof: God doen dikwels sy diepste werk wanneer Hy die stilste is. ’n Toets is nie daar om jou swakheid te wys nie - dit is daar sodat sý krag in jou gesien kan word.
Almal van ons leef met hierdie letsels. Jy weet presies waarvan ek praat. Miskien sit jy selfs nóú in so ’n donker tyd. As jy vandag deur die donker stap... hou op om God te “probeer voel”. Begin bloot vertrou dat Hy dáár is. Want selfs in die stilte is God besig om goud te louter.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY