Die Lig van Jou Lewe
03 March 2026

Die Lig van Jou Lewe

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Johannes 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. 

Lig en donkerte, dag en nag vorm die siklus van ons lewens. Jou tye van wakkerwees en van slaap is 'n siklus wat meer as sewe en twintig duisend keer in ‘n gemiddelde leeftyd herhaal word.

Ons ken almal donker tye in die lewe; tye wanneer hoop op die toekoms nie bestaan nie; tye wanneer dit lyk asof die donkerte die lig verslaan het.

Vandag, word die Chinese Lanternfees gevier. Dis 'n familiebyeenkoms; ‘n nag van lig en vreugde. Mense hang oral kleurvolle, hoofsaaklik rooi, lanterns met handgeskrewe raaisels in hulle strate en huise op. Hulle laat in die nag die lanterns in die lug vry, om te wys dat die verlede verby is en dat daar hoop op ‘n rooskleurige toekoms voorlê. Wanneer jy ‘n lantern vang, is dit groot pret om die raaisels, te probeer oplos.

‘n Mens kry in baie kulture verskillende seremonies, wat 'n gevoel van hoop op die toekoms versterk. Dis interessant dat lig hierdie fees se hooftema is.

Die raaisels wat die lanterns bevat, vertel ons ook dat die lewe inderdaad 'n raaisel is. Ons het geen idee wat vir ons voorlê nie. Sal dit lig wees, of sal dit donker wees? So, wanneer duisternis jou lewe oorskadu – of dit nou die boosheid van hierdie wêreld is, of dit nou pyn en lyding, of eensaamheid is, of wat ook al is – waar kom jóú lig vandaan?

In sy kort opsomming van die Skepping van die heelal, wys die apostel Johannes dat Jesus nie net die Skepper daarvan is nie, maar dat Hy meer, baie meer is!

Johannes 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Jesus skyn nie net lig in ons lewens nie; Hy is die Lig van die wêreld. Dit maak nie saak watter duisternis jou mag bedreig nie, onthou: Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY