Skip to content
Opens in a new window
Die Liefde Wat Alles Vra
06 October 2026

Die Liefde Wat Alles Vra

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Lukas 9:59-62 Aan 'n ander een sê Hy: “Volg My.” Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.” Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.” Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.” Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.” 

Het jy al ooit opgelet hoe liefde altyd iets van jou vra? Hoe liewer jy iemand het, hoe hoër is die prys wat van jou gevra word. Om regtig lief te hê, is om alles te gee: jou gemak, jou trots, selfs jou planne. En dis nogal ontstellend.

Stel jou voor jy word ‘n wonderlike geleentheid aangebied, maar die tydsberekening is verskriklik sleg. Miskien beteken dit jy moet môre trek, of jou familie los, of 'n vriend se begrafnis misloop, of net wegstap van alles wat jy ken. Jy sou daarmee sukkel, nie waar nie? Ons almal sal. En dis presies die spanning wat Jesus hier aangeraak het.

Lukas 9:59-62 Aan 'n ander een sê Hy: "Volg My." Maar hy antwoord: "Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe." Toe sê Jesus vir hom: "Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God." Nog een het gesê: "Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet." Toe sê Jesus: "Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie."

Ja, ek weet dit klink baie wreed, maar Jesus sê nie liefde of familie is nie belangrik nie. Hy wys ons dat sy liefde nie met 'n tweede plek tevrede sál wees nie.

Om Jesus te volg, beteken om te vertrou dat sy roeping op jou lewe - hoe ongerieflik, hoe pynlik ook al, uit sy volmaakte liefde vloei. Want wanneer ons Hom eerste in ons harte en in ons lewens sit, kry elke ander liefde sy regmatige plek.

Nouja, gehoorsaamheid is beslis moeilik. Maar die enigste manier om regtig te lewe, is om Jesus se liefde ons te laat lei, sonder om terug te kyk.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY