
Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (1)
God se Woord VARS vir jou Vandag
Send us a text
Lukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
Tel jy ook die dae? Net tien dae tot Kersfees. Soveel om gereed te kry, soveel om afgehandel te kry... Of is jy dalk een van daardie mense wat hul Kersinkopies tot op die laaste oomblik uitstel? Hoe lyk dit - hoekom verbaas jy jouself nie vanjaar en begin liewer vroegtydig beplan voordat dit ‘n gejaag afgee nie..
Kersfees kan vir party mense 'n uiters ontwrigtende tyd wees en vir ander ‘n wonderlik betekenisvolle tyd. Dit hang af van wat jou omstandighede is, waar jy woon en hoe jy dit hierdie jaar gaan vier. Dis miskien vir jou ‘n omwenteling van jou daaglikse roetine, maar daardie afwagting en voorbereiding het die potensiaal om groot seën te bring.
As dit op een of ander manier jou aanloop tot Kersfees beskryf, kom ons kyk wat Maria soveel jare gelede, in hierdie tyd moes beleef het:
Lukas 1:30-33 Die engel sê toe vir haar: “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en 'n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
Nouja, dis vir ons baie lekkerder om op die tweede helfte van daardie bekende vers te fokus; die deel wat vertel dat die Seun van God na hierdie wêreld sal kom vir jou en vir my. Dis mos sensasionele nuus! Maar kan jy dink watter onverwagte ontwrigting dit in Maria se lewe sou veroorsaak? Hier ontvang sy die nuus van ‘n skandelike, onbeplande, ongehude swangerskap...
Miskien beleef jy spanning in hierdie laaste paar dae ter voorbereiding van Kersfees. Miskien word jou lewe ook ontwrig. Miskien is dinge nie heeltemal so gemaklik nie. Maar so dikwels doen God sy magtigste werk wanneer dinge ongemaklik en ongerieflik lyk. Maar onthou die goeie nuus: Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”
Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY