Send us Fan Mail
Efesiërs1:7b-10 Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade 8in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, het sy geheime plan aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Christus, goedgevind om hierdie plan in die volheid van die tye tot uitvoering te bring. Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die aarde is, onder een hoof te verenig; en hierdie hoof is Christus.(NLV)
Ken jy daardie gevoel wanneer die lewe net nie lekker sin maak nie? Jy doen jou absolute bes, maak planne, jaag jou doelwitte na, maar iewers voel dinge net deurmekaar — amper soos duisend legkaartstukke wat uit verskillende bokse kom.
Rekeninge, verhoudings, werkstres, die nuus op jou foon — maar nêrens is daar ’n duidelike prentjie van waaroor dit alles eintlik gaan en waar jý inpas nie. Dis soos om ’n legkaart sonder die boks se deksel te probeer bou.
Stel jou voor ’n kunstenaar ontwerp ’n reuse-muurskildery, maar die mense wat gehuur word om dit te verf, sien heeltyd net hulle eie klein stukkie. Elkeen fokus blindelings op sy eie hoekie, sonder om te weet hoe dit in die groter prentjie inpas. Dis presies hoe ons is — elkeen verf sy eie klein deeltjie van die lewe sonder om noodwendig die groot meesterplan te sien.
Efesiërs 1:7-10 Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, het sy geheime plan aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Christus, goedgevind om hierdie plan in die volheid van die tye tot uitvoering te bring. Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die aarde is, onder een hoof te verenig; en hierdie hoof is Christus. (NLV)
Ja, my vriend, God se geheime plan is toe glad nie meer ’n geheim nie. Alles en almal in die heelal is bedoel om onder Jesus verenig te word. Hy is die prentjie op die boks, Hy gee werklike betekenis aan alles. Sonder Hom bly die lewe aanhoudend uitmekaarval. Saam met Hom vind selfs jou stukkende legkaartstukkies weer hul plek.
Dis omdat God vir ons sy genade, sy vergifnis vir al ons sonde, ten volle en heeltemal verniet gegee het. Dit was nog altyd die plan: dat Jesus aan ’n kruis sou sterf om die prys vir jou sonde te betaal. Dis hoekom alles in jou lewe in Hom bymekaarkom, en uiteindelik sal alles in hierdie wêreld bymekaarkom wanneer Hy terugkom.
Dis God se Woord...Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY