Send us Fan Mail
Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
As jy wil weet wie regtig ‘n verskil in ’n dorp maak, moenie na mense se titels kyk nie. Kyk na wie toe mense in die supermark hardloop; wie hulle stop, drukkies gee en hulle harte voor uitstort. Stil invloed spreek altyd baie harder as status.
My goeie vriend Greg Holder was die pastoor van ’n klein kerkie in ’n plattelandse dorpie waar dit swaar gegaan het. Toe hy aanvanklik daar aangekom het, was dit nie maklik nie. Min geld. Agterdog. Selfs weerstand. Maar ’n paar jaar later, toe ek hom gaan besoek het, was dit asof ek saam met die dorp se amptelike kapelaan rondgestap het.
Ons kon nie eers die straat oorsteek sonder dat iemand hom voorgekeer het nie. Kinders het na hom toe gehardloop. Grootmense het hom eenkant toe getrek om hulle laste sommer net daar tussen die appels en piesangs in die vrugte-en-groentewinkel te deel.
Nie omdat hy spoggerig of belangrik was nie. Maar omdat hy altyd ’n mooi woord, ’n bedagsame daad, ’n oomblik om te luister of ’n oomblik om te bid, gehad het. Sy vriendelikheid was soos ’n magneet wat stukkende mense na hoop toe getrek het.
Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.
Kyk, vriendelikheid is nie sommer net ’n mooi gedagte nie. Dis die hart van God. Jesus het nie mense aangetrek deur magspeletjies of titels nie, maar met omgee - deur die vergetenes raak te sien, die uitgestotenes aan te raak en die mense met gebroke harte op te tel.
En wanneer ons vriendelikheid wys, weerspieël ons Hom. En die wonderlike deel? Vriendelikheid verander ons ook. Dit maak ons harte sagter, maak ons verhoudings hegter en vermenigvuldig ons invloed sonder dat ons ooit self hoef te probeer.
So, wie kan jy vandag seën? ’n Kollega, ’n buurman, daardie eensame mens by die kerk, of die barista by wie jy elke oggend net verbyjaag? Een klein daadjie van vriendelikheid kan net die reddingstou wees wat God gooi na iemand wat skaars nog kan vashou.
Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar.
Dit is God se woord...vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY