Send us Fan Mail
1 Petrus 2:15-16 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
Ons leef in die sogenaamde “eeu van vryheid” - die vryheid om te kies, te praat en te lewe net soos ons wil. En tog voel so baie mense allesbehalwe vry. Hulle is angstig, op hulle hoede, vinnig op hulle perdjie, en hulle voel hulle moet hulself die heeltyd bewys. Vreemd, nè? Hoe krampagtiger ons aan ons persoonlike vryheid vashou, hoe meer klink ons vasgevang en kwaad.
Hier is die rede hoekom so baie mense doodmoeg is: hulle moet heeltyd die perfekte prentjie wat hulle van hulself geskep het, verdedig. Hulle is doodbang vir kritiek.
1 Petrus 2:15-16 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, 'n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien.
Petrus het hier geskryf aan Christene in die eerste eeu wat sleggesê, verkeerd verstaan en aangeval is. En tog was sy oplossing nie woede nie. Dit was nie selfverdediging of om die argument te wen nie. Sy oplossings was: Gebruik julle vryheid om God te dien.
Sy raad, selfs vir ons vandag, is om die konstante getrouheid van ons lewens harder te laat praat as die beskuldigings rondom ons. En dan skuif hy die wenstreep nog verder: Ja, jy is vry... maar gebruik jou vryheid om te dien. Nie om jouself te bederf nie. Nie om terug te baklei of om jou regte op te eis nie. Maar om lief te hê. Om met integriteit op te tree. Om Jesus te weerspieël.
Die kragtigste getuienis wat jy ooit sal hê, is ’n lewe wat stil-stil en doelbewus kies om goed te doen - veral wanneer ander mense presies die teenoorgestelde verwag.
Vra jouself dus af: Hoe gebruik ek my vryheid? Om ander te seën of om myself te regverdig? Om God te dien of om net my eie impulse te volg?
Kies goedheid. Kies genade. Kies die soort vryheid wat kritici stilmaak en Christus eer. Want dit is die soort vryheid waarvoor jy gemaak is.
Dit is God se woord...vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY