Die Hand Wat Jou Vashou
21 April 2026

Die Hand Wat Jou Vashou

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Psalm 138:7-8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. 

Baie mense vra dikwels die vraag: As God inderdaad God is, as Hy my liefhet soos Hy sê Hy het, hoekom verskyn Hy nie die oomblik as ek in die moeilikheid is nie? Dit is immers wat enige goeie ouer vir sy kinders sou doen, of hoe?

André Trocmé was tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n Protestantse pastoor van ‘n klein Franse dorpie. Toe die Nazi-magte Jode begin deporteer het, het Trocmé en sy gemeente, vas geglo dat dit God se opdrag is dat hulle hul dorp in 'n toevlugsoord moet omskep.

Hulle het so meer as 3 000 Jode se lewens gered. Ten spyte van die voortdurende risiko van arrestasie, dreigemente en ondervragings, het Trocmé God vertrou om hulle almal se lewens te bewaar. Sy bekende slagspreuk was: Ons ken nie Jode nie. Ons ken net mense. God het hulle teen die gevaar van vervolging bewaar en het vir baie mense ‘n tweede kans gegee.

Drieduisend jaar gelede het Dawid die volgende lofpsalm aan God gebring:

Psalm 138:7-8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.

God waarborg nie ‘n moeitevrye lewe nie - maar Hy loop saam met ons; Hy beskerm ons siele en bereik sy doel ín ons en déúr ons. Jou lyding is deel van God se vormingsproses; dit is deel van sy onveranderlike liefde. Vertrou dus God se hand, sy regterhand, selfs wanneer jy nie sy plan kan sien nie, want Hy sal nooit die werk van sy hande laat vaar nie.

Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY