Skip to content
Opens in a new window
Die Asemteug wat Jou Laat Terugkom
04 November 2026

Die Asemteug wat Jou Laat Terugkom

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

2 Korintiërs 3:6 Ons bekwaamheid kom van God, 6wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend. 

Jy kan vir weke of selfs maande sonder kos leef, veral as jy ’n bietjie ekstra gewig dra. Jy kan vir dae sonder water klaarkom. Maar sonder asem het jy net ’n paar oomblikke om te lewe. Wanneer jou longe toetrek en jou bors brand, maak niks anders meer saak nie. Jy sal elke liewe gerief en elke prestasie verruil net om weer te kan asemhaal.

So, hier is die ding: sê nou jou siel is ook besig om na asem te snak? Jy hardloop, jy draf, jy doen al die “regte” dinge — maar iewers voel die lewe uitasem, hol en meganies.

Dis amper soos ’n ou masjien in ‘n fabriek wat net so voort rammel en sy geprogrammeerde stappe volg. Dit doen wat vir hom gesê word — maar daar is geen lewe in nie. Dan stap die ingenieur in, skakel dit af, maak dit skoon, olie die ratte en sit die krag weer aan. Skielik begin dit sommer so lekker glad, seepglad en met doelgerigtheid brom.

Dis min of meer die verskil tussen om jou lewe te probeer leef volgens ’n klomp vooruit-geprogrammeerde reëls, en om jou lewe regtig te leef deur die krag van die Heilige Gees. Die apostel Paulus het geskryf:

2 Korintiërs 3:5-6: Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van 'n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie, maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend.

Die “ou verbond” — die Wet — het gegaan oor prestasie. Doen dit, vermy dat, merk die boksies af. Maar die enigste ding wat dit vir ons wys, is hoe stukkend ons eintlik is. Jesus, aan die ander kant, het gekom om lewe in te blaas waar godsdiens net uitputting gebring het. 

Wanneer jy na Hom toe draai, trek sy Gees by jou in — soos suurstof wat jou longe vul. Hy herstel nie dinge deur dadelik jou gedrag te probeer regmaak nie; Hy maak jou hart lewendig. En dít verander alles.

Want ’n lewe saam met God is nie ’n lysie wat jy moet nakom nie — dit is asem om te lewe.

Die letter maak dood, maar die Gees maak lewend.

Dis God se Woord. VARS … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY