Send us Fan Mail
Josua 24:15 Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Die meeste mense dink hulle is heeltemal te modern om enigiets of enige iemand te aanbid. Maar kyk bietjie rondom jou: skitterende skerms, bankbalanse, identiteite, groepe, fiksheid, verhoudings, loopbane, sport. Mense offer hulle tyd, aandag, geld en selfs hulle gesinne hiervoor op. Ons noem dit deesdae net nie meer afgode nie... maar dit is presies wat dit is. En elke afgod eis nog steeds om aanbid te word.
Kyk, mense is nie net moeg nie - hulle is geestelik uitgeput omdat hulle hul lewens bou om dinge wat die lewe uit hulle uittap. Dis hoekom Josua se antieke uitdaging vandag so ongelooflik vars voel. Terwyl hy voor ’n volk staan wat gemak en sekuriteit soek en agter die gode van die heidense kultuur rondom hulle, aanhardloop, sê hy:
Josua 24:15 “Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Let wel... Josua sê nie: Kies óf jy iets gaan dien nie. Hy sê: Kies wíé jy gaan dien. Want om neutraal te wees, is ’n mite. Elkeen van ons buig die knie voor iets—dít wat ons die meeste vertrou, die meeste vrees, of waarnatoe ons eerste hardloop.
En dít wat jy aanbid, vorm jou naderhand. As jy sukses aanbid, word jy angstig. As jy mense se goedkeuring aanbid, word jy onseker. As jy plesier aanbid, word jy rusteloos. Maar wanneer jy die enigste lewende God aanbid, word jy heel.
Vra jouself dus af: Wie of wat regeer regtig my hart? Waarnatoe gaan my tyd? My geld? My aandag? My hoop? Maak dan Josua se verklaring jou eie. Want die vryheid waarna jy so smag, lê nie daarin om geen eienaar te hê nie - dit lê daarin om die regte Een te kies.
Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.”
Dit is God se woord...vars...vir jou...vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY