Skip to content
Opens in a new window
Deurweek, Bewend … en Gevind
07 October 2026

Deurweek, Bewend … en Gevind

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

Lukas 15:4 “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. 

Jy het te ver afgedwaal. Die pad wat jy geken het, het onder die modder verdwyn. Die storm oorweldig jou: die reën sny koud teen jou vel, en die nag voel eindeloos. Jy roep, maar niemand antwoord nie. Diep in jou hart wonder jy of enigiemand nog weet dat jy dáár is.

Dis hoe die lewe partykeer voel, nè? Jy het nie bedoel om af te dwaal nie. 'n Onnadenkende tree, nog 'n slegte besluit, nog een teleurstelling en voor jy jou kan kry, het jy jou koers verloor. Jy hou aan beweeg, in die hoop dat die storm sal weggaan, maar dit bedaar nie. En 'n stem fluister hier in jou oor vir jou: Miskien het God jou afgeskryf.

Stel jou nou hierdie prentjie voor: 'n klein lammetjie, in ‘n storm: deurnat en bewend in die bos vasgevang in dorings. Elke geluid vul hom met vrees. Dan, deur die reën, hoor hy voetstappe wat ferm en seker naderkom.

Die Herder het gekom. Hy kom nie skreeuend en kwaad nader nie, en hy dryf die lammetjie ook nie met 'n stok huis toe nie. Hy buk af, tel die modderige diertjie in sy arms op, en dra hom verheug huis toe. Jesus het eendag gesê:

Lukas 15:4 "Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry."

My vriend, daardie een verlore skaap, is jy. Jou afwesigheid het nie die Herder se aandag ontglip nie. Hy het nie tou opgegooi nie. In sy hart weet Hy presies waardeur hierdie een verlore skapie gaan. En selfs nou, te midde van jou storm, kom Hy jou optel: sag, getrou, en vol vreugde. Jy weet dat net Hy jou kan red.

Moenie moedeloos word nie. Hy is op pad.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY