Deur die Koning Geroep
08 March 2026

Deur die Koning Geroep

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send a text

Jesaja 6: 8 Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” 

As jy oortuig is dat God jou roep en dat Hy wil hê dat jy jou gawes tot sy eer moet gebruik – dan is jy werklik geseënd. Maar hier is die probleem: daar is altyd 'n prys daaraan verbonde. En dis dikwels dáárdie prys wat ‘n mens keer om die stap te neem in die rigting wat ware, blywende vervulling bring.

David Livingstone het geglo dat God hom as 'n sendeling, en ontdekkingsreisiger na donker Afrika geroep het. Sy primêre doel was om die Evangelie aan onbereikte mense te bring. Maar toe hy die brutaliteit van die slawehandel eerstehands aanskou het, het hy sy ontdekkingsreise ook gesien as ‘n manier om Afrika oop te maak vir die Boodskap van Christus en vir wettige handel, in die hoop om slawerny te beëindig. Vir Livingstone het sy reise nooit oor roem gegaan nie; dit was uit gehoorsaamheid aan God se roeping om te dien, te genees en te bevry.

Wanneer God jou roep, kan dit 'n moeilike pad wees. Hy het Jesaja geroep as 'n Profeet vir Israel, wat ver van hul God afgedwaal het. Die man moes God se oordeel oor hulle uitspreek. Hoe gewild dink jy het dit hom gemaak? Ons lees dat Jesaja toe hy in die tempel gebid het …

Jesaja 6:8 ...het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!”

Watter roeping het God op jou lewe geplaas? Het die prys wat dit van jou vra, jou dalk gekeer om te sê: Hier is ek. Stuur my?

Livingstone het, na alles wat hy deurgemaak het, gesê: As 'n opdrag deur 'n aardse koning as 'n eer beskou word, hoe kan 'n opdrag deur 'n hemelse koning as 'n opoffering beskou word?”

Toe sê ek: “Hier is ek. Stuur my!”

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY