Dankbaarheid Verander die Oomblik
24 April 2026

Dankbaarheid Verander die Oomblik

God se Woord VARS vir jou Vandag

About

Send us Fan Mail

1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Dankbaarheid is een van die grootste kragte in die heelal. Die probleem is, wanneer ons moedeloos voel, voel dit vir ons onmoontlik om dankbaar te wees.

Etty Hillesum, 'n jong Nederlandse Jodin, is tydens die Tweede Wêreldoorlog, soos so baie Jode, deur die Nazi’s gevange geneem. Terwyl sy in die Westerbork-transitokamp gevange gehou is, het sy geworstel met haar skuldgevoelens oor haar vorige losbandige verhoudings en 'n knaende vrees vir die Nazi-terreur. Sy het God se teenwoordigheid te midde van haar lyding ervaar en 'n buitengewone dankbaarheid vir medemenslikheid en vriendelikheid ontwikkel. 

Haar dagboeke weerspieël 'n diepgaande innerlike transformasie: Die ellende hier is verskriklik... en tog - laat in die nag... dank ek God dat Hy my so oordadig laat leef het. Dankbaarheid het haar lewe gekenmerk en haar dae betekenis gegee voordat sy in 1943 in Auschwitz omgekom het.

 

1 Tessalonisense 5:16-18 Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Ja, nou wel, dit was Etty Hillesum. Sy was ‘n uitsonderlike dapper mens! Maar wanneer jy hierdie skrifgedeelte lees, dink jy by jouself … dis onmoontlik. Hoe kan ek onder my moeilike omstandighede altyd vol vreugde wees? Hoe kan ek altyd dankbaar wees … ten spyte van dít wat besig is om te gebeur?

Kyk, geen hoeveelheid spyt sal jou verlede verander nie. Geen hoeveelheid angs sal jou toekoms verander nie. Maar die kleinste greintjie dankbaarheid sal jou hede heeltemal verander.

So, neem hierdie Skrifgedeelte, omhels dit, mediteer daaroor, bid daaroor … en kyk hoe die krag van God jou lewe verander, want dit is hoe Hy wil hê jy in Christus Jesus moet leef.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. 

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY