Send us Fan Mail
Matteus 5:10 “Geseënd is dié wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
Verskoon my as ek nou ’n bietjie reguit is, maar hoeveel weet jy regtig van vervolging? Nie net as ’n woord nie — maar as iets wat mense elke dag aan hul eie bas voel. En as jy hoor dat Christene vandag op ’n ongekende skaal vir hul geloof ly, hoeveel saak maak dit regtig vir jou?
Op hierdie oomblik gaan Christene in Nigerië deur van die wêreld se mees brutale aanvalle. Volgens Open Doors in Brittanje, word daar elke jaar meer volgelinge van Jesus in Nigerië vermoor as in die hele res van die wêreld saam.
Premier Christian News in Londen berig dat daar in die afgelope jaar alleen meer as 7 000 Christene vermoor is. Meer as 1 100 gemeenskappe moes vlug, en byna 19 000 kerke is deur ekstremiste verwoes.
Maar daardie syfers verteenwoordig mense - gesinne wat vir hul lewens die bosse moes invlug, pastore wat gemartel is, vroue en kinders wat sonder ’n dak oor hulle kop sit. En dit alles net omdat hulle weier om Jesus te verloën. Jesus het in
Matteus 5 vers 10: gesê: “Geseënd is dié wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.”
Dis nie ’n maklike vers om te hoor nie. Maar God vra dat ons saam met sy lydende liggaam sal staan - om te bid, om óm te gee, en om iets te doen. Want as een deel van die liggaam seergekry het, behoort elke ander deel mos die pyn te voel.
Dié van ons wat in relatiewe gemak en veiligheid leef, moet bid vir moed, hoop en krag vir ons broers en susters in Nigerië en dwarsoor die wêreld. En ons kan ook prakties help deur bedieninge te ondersteun, wat noodleniging bring en gelowiges help.
En asseblief, moenie jou vryheid sommer net as vanselfsprekend aanvaar nie. Want die Evangelie waarvoor daardie mense sterf … is presies dieselfde Evangelie wat vir jou lewe gee.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY