About
As jy die naam Leonard Cohen hoor, is daar waarskynlik twee moontlikhede. Óf jy ken hom as die growwe stem wat soos Bybelverse oor jou spoel. Óf jy onthou hom in Shrek, waar die treffende lied “Hallelujah” die wêreld se kinders (en grootmense) aangegryp het. Sy musiek is ryk aan kontraste: donker én lig, liefde én eensaamheid, lewe én dood.
In hierdie spesiale episode neem Wilmi Wheeler jou terug na die Cohen-konferensie wat in Augustus 2025 in Wellington aangebied is. Ons verken ook hoe diep Bybelse temas deur Cohen se lirieke loop en hoekom sy musiek juis ’n gesprek oor geloof werd is.