
About
Haidee Muller-Isaacs maak kennis met Magdalena Hendricks, wat al 40 jaar lank by Heuer Pianos op Stellenbosch werk. Toe sy skool los om te gaan werk, wou sy eers net klaviere afstof. Vandag is dié 75-jarige Wellingtonner een van die beste klaviertegnici, en al te beskeie daaroor. Haidee het gaan hoor hoe haar pad tot hier geloop het.