Besonderse mentorskapprogram in die Baai
17 September 2025

Besonderse mentorskapprogram in die Baai

Driesestig

About
Verskeie oudjoernaliste en kommunikasiespesialiste van Nelson Mandelabaai het ’n mentorskapprogram op ‘n vrywilligersgrondslag begin om afgestudeerde kommunikasiestudente en jong skrywers van die streek op hulle professionele voete te help kom. Mariska Spoormaker het meer uitgevind by Odette Parfitt, kommunikasiebeampte by Volkswagen SA, en inisieerder van die program.