Sondag 8 Maart 2026 Stephan Briel
08 March 2026

Sondag 8 Maart 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: Efes 5:21-33. 

Fokus: Efes 5:33. 

Wat vul die waarde-tenk van jou huweliksmaat? (Deel 1) 

Drie betekenisse van liefde vir vrouens: 

·       Ek het hoë prioriteit vir my man. Jesus moet eerste kom in sy lewe en daarna ek. 

·       My man moet na my luister en waarde heg aan my gevoelens, gedagtes, prioriteite en opinie. 

·       Wanneer my man my seermaak en my hart verwond, moet hy dit erken en jammer sê. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Wat vul hoofsaaklik die waarde-tenks van mans en wat vul hoofsaaklik die waarde-tenks van vrouens? 

·       Verduidelik die drie betekenisse van liefde vir vrouens. 

·       Verduidelik die vyf strategieë wat jy kan volg om jou vrou se waarde-tenk te vul met liefde.