
Lees: Eks 16: 2-3; 17: 3; 32: 2-4 en Num 14: 1-4, 26-35.
Fokus: Eks 16: 2-3.
God het ons vry gemaak in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe.
· Die woestynfase berei ons voor om God se beloftes te ontvang.
· “Die tirannie van die bekende.”
· Die vry mens in Christus sal eerder vergaan in die woestyn terwyl hy besig is om sy skeppingsdoel na te volg, as om terug te keer na slawerny.
· Vryheid in Christus is nie losbandigheid of wettiesheid nie.
· Ons is vry in Christus om ons skeppingsdoel te kan lewe.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God?
· Verduidelik: “Die tirannie van die bekende.”
· Wat behels ons vryheid in Christus?