
Lees: 1 Pet 5:1-11.
Fokus: 1 Pet 5:7.
Hantering van bekommernisse en vrees.
· Gebed is die eerste stap.
· Die tweede stap is om alle persoonlike of geestelike konflikte wat jy mag hê, op te los.
· Die derde stap is om die probleem spesifiek te verklaar.
· In die vierde stap moet jy onderskei tussen werklikheid en aannames.
· In die vyfde stap moet jy bepaal waaroor jy die reg of vermoë het om beheer uit te oefen.
· Die sesde stap is om ‘n lys te maak van alles waarvoor jy verantwoordelik is en wat verband hou met die situasie.
· Die sewende stap is om die res aan God oor te laat.
Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:
· Volg die sewe stappe om jou bekommernisse op God te werp.