Sondag 22 Maart 2026 Stephan Briel
22 March 2026

Sondag 22 Maart 2026 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: Mat 16: 13-28.

Fokus: Mat 16: 21-25.

Opregte Christusbelydenis impliseer ‘n Christusgerigte lewe.

1. Die inhoud van ons Christusbelydenis.

·       Jesus se Christusskap(die Griekse woord vir Messias) beteken Hy is God se Gesalfde na wie ons as volk van God opkyk vir hulp en verlossing van ons sondes. 

·       Plaasvervangend het Hy ons sondes op Hom geneem en in ons plek God se oordeel en straf gedra tot in die dood. 

·       Christus se gehoorsaamheid aan die Vader en liefde vir ons sondaar mense, het Hom gehou aan die kruis totdat Hy gesterf het.

2. Die implikasies van ons Christusbelydenis.

·       Petrus berispe Jesus omdat hy bekommerd is oor sy eie lyding, omdat hy selfgerig is. 

·       Selfgerigtheid maak jou ontvanklik vir Satan se leuens en om deur hom misbruik te word – al is jy ‘n gelowige kind van God. 

·       Bedink wat God wil hê deur elke gedagte te toets volgens God se waarheid vir jou lewe in sy Woord (2 Kor 10:5). 

·       Ons is beide geregverdig en geheilig deur die kruis van Jesus. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens: 

·       Wat is die inhoud van ons Christusbelydenis? 

·       Hoekom berispe Petrus vir Jesus? 

·       Hoe maak selfgerigtheid jou ontvanklik vir Satan se leuens? 

·       Hoe kan ons die stryd teen die bose in ons denke wen en Jesus volg?