Sondag 21 September 2025, Stephan Briel
21 September 2025

Sondag 21 September 2025, Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: Eks 16:1-4, 13-21 en 17:8-16. 

Fokus: Eks 17:11. 

Om te lewe deur die geloof is om alles van God te verwag.  

·       Moses is die heuwel op om voorbidding te gaan doen ogv God se beloftes. 

·       Ons kan in die geloof verseker weet dat God ons gebede hoor, want ons bid in die Naam van onse Here Jesus Christus. 

·       Elke dag moet jy nuwe vars manna van God ontvang (Eks 16:4) – dit is die huidige spesifieke Woord wat kom vanaf God vir daardie dag, die lewende Woord vanaf Hom vir die spesifieke dag. 

 

Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Wat bedoel ons met die “woestynfase” in ‘n Christen se wandel met God? 

·       Hoekom was Israel die sterkste solank Moses sy hand opgehou het? 

·       Hoekom is ons gebede in die Naam van ons Here Jesus Christus se kragtig? 

·       Wat is die geestelike manna wat ons ook elke dag moet ontvang in afhanklikheid van die Here? (vgl Mat 4:4)