Sondag 2 November 2025 Stephan Briel
02 November 2025

Sondag 2 November 2025 Stephan Briel

Bergbron Gereformeerde Kerk Preke

About

Lees: Eks 17: 8-16.

Fokus: Eks 17: 15 (AFR53).

Die Here is my banier van oorwinning! 

·       Moses se voorbidding by die Here was bepalend vir die goeie uitslag in die stryd teen die vyand van die verbondsvolk. Daarom bou Moses ‘n altaar en noem dit: “Die Here is my banier.” 

·       Die Here is self by sy volk teenwoordig in hulle stryd. Sy volk vergader rondom Hom soos rondom ‘n banier. Hy bind hulle saam tot ‘n eenheid, Hy veg vir hulle en sy teenwoordigheid inspireer hulle om meer as hulle beste te gee in hulle stryd teen die vyand want hulle weet die oorwinning is verseker met die Here in hulle midde. 

·       Jesus Christus is soos ‘n banier van oorwinning gehys op die kruis van Gogota, want daar aan die kruis het Hy die Satan, die sonde en die dood oorwin.

·       Ons moet deur die geloof lewe in Jesus as ons banier van oorwinning. 

 Vir nadenke en gesprek by selgroepe en huisgodsdiens:

·       Wat is die betekenis van ‘n banier? 

·       Hoe is Jesus ons banier van oorwinning? 

·       Hoe kan ons self oorwinning behaal met Jesus as ons banier?